NewsSchools

Erries gaan kyk Sound of Music by Monte Casino

Die Teatro, met sitplek vir 1 870 mense, was volgepak.

Die musiekdepartement van Ermelo Hoërskool het op Donderdag, 12 April ‘n groep musiek- en dramaleerders na die Monte Casino in Johannesburg geneem om na The Sound of Music, te gaan kyk. Hulle is vergesel deur die musiek- en kultuurpersoneel van die skool.

Die geselskap het reeds om 3nm vanaf die skool vertrek om betyds vir aandete voor die vertoning in Johannesburg te wees.

Die Teatro, met sitplek vir 1 870 mense, was volgepak.

André Schwarz het die rol van Captain von Trapp en Sanli Jooste dié van Maria, vertolk.

Die groep het om 1.30vm weer by die skool aangekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button