Kalies spog met nuwe hoof aan die stuur van sake
“Daarom sien ek uit om die werk deur God aan my opgedra met toewyding te doen.” het hy gesê.
Mnr. Sakkie Boshoff het amptelik op 19 April as die hoof van Laerskool Kalie de Haas begin.
Hy het na 32 jaar by Hoërskool Standerton (SHS) die pos aanvaar.
“Ek het nie by SHS begin met die idee om na 32 jaar van rugby, skiet, houtwerk, landbou en ander verantwoordelikhede die hoof by Kalie de Haas te word nie.” het mnr. Boshoff gesê.
Lees ook: WAARSKUWING: ‘Gawe’ oom alweer besig op Standerton met onheilighede
Hy het ook gesê dat as hy terugkyk op sy lewe en die gebeure sedert die pos geadverteer is, dan besef hy dit was nie sy wil nie, maar God se wil.
“Daarom sien ek uit om die werk deur God aan my opgedra, met toewyding te doen.” het hy gesê.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



