NewsSchools

Laerskool Secunda Kleuterskool is nasionale kampioene van Kleuterzone op KykNet Nou

Kleuterskool presteer in drie items.

SECUNDA – Laerskool Secunda Kleuterskool is Sondag, 22 April as die nuwe KykNet Kleuterzonekampioene aangewys.

Vyf van Laerskool Secunda Kleuterskool se klasse het aan drie items in die kompetisie deelgeneem.

Dié episode wat Sondag verfilm is, sal binne die volgende paar weke op KykNet Nou, kanaal 146, uitgesaai word.

Volgens me. Lizelle van Zuydam, skakelbeampte van Laerskool Secunda, het die KykNet Nou-span Laerskool Secunda op 22 Maart besoek en opnames gemaak vir die volgende seisoen van Kleuterzone.

Lees ook: [VIDEO] Laerskool Secunda atlete meet kragte

Kleuterskole landwyd word besoek en 25 van die 88 klasse het na die eindronde van die nasionale kampioenskap wat op 22 April in Pretoria plaasgevind het, deurgedring.

Die items wat Laerskool Secunda Kleuterskool gewen het, is met die liedjies “My emmertjie loop oor” (beste styl), “Ver in die wêreld Kietie” (beste houding) en “My hartjie, my liefie” (beste volgaksie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button