NewsSchools

Hoërskool Oosterland van Secunda se spanne blink uit in die Puk-reeks se eindstryd

Die eerste seunshokkiespan is die Puk-reeks se wenners in die afdeling vir mediumskole vir die tweede agtereenvolgende jaar.

SECUNDA – Verskeie wintersportspanne van Hoërskool Oosterland het die naweek aan die eindrondes van die Puk-reeks vir mediumskole deelgeneem.

Die 0/14-rugbyspan het op Potchefstroom teen die span van Hoërskool Bekker uitgedraf en gelykop gespeel met 17 punte elk.

Dié hokkiespelers is as spelers van die wedstryde vereer by die Puks-reeks. Hulle is Ntokozo Mbokane, Enea Moloi, Sunelle de Bruyn, Moshi Mabogoana, Tsholofelo Tloome en Karlien Steyn.

Die Oosies se 0/15-span het Hoërskool Bekker met 14-10 geklop, die 0/16-span het Overvaal met 31-0 oorheers en die tweedespan het hul wedstryd teen Bekker met 31-5 gewen. Die eerstespan het egter met 27-31 verloor.

Lees ook: [VIDEO] Gr. 9-leerder van Hoërskool Oosterland moet dringend operasie kry

Die Oosies se dogtershokkiespanne het behoorlik uitgeblink.

Die eerstespan het 0-0 teen Hoërskool Leeuwenhof geëindig. Die tweedespan het Hoërskool Bekker met 2-0 geklop. Die 0/16-span het Wolmeranstad met 4-0 geklop en die 0/14-span het Vryburg met 8-0 vermorsel. Die 0/15-span en Overvaal het gelykop (0-0) gespeel.

Hoërskool Oosterland se eerste seunshokkiespan is die wenners van die Puk-reeks vir mediumskole vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Die eerste seunshokkiespan is die Puk-reeks se wenners vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Die 0/16-netbalspan was die enigste Oosie-netbalspan wat gewen het. Hulle het Wolmeranstad met 22-11 geklop.

Oosterland se skaakspan het ook algeheel derde uit 16 skole in die Puk-reeks gekom. Renier du Toit was die algehele wenner van sy bord.

Dié rugbyspelers is aangewys in hul onderskeie wedstryde as die spelers van die wedstryd in die Puk-reeks. Hulle is Theuns Kruger, Byron Howe, Adriaan Prinsloo en Katlego Thokwane.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button