SECUNDA – Hoërskool Secunda se wintersportspanne het op 16 April uitgeblink in die eindrondes van die NWU Puk-reeks vir groot skole.
Die dogters se eerste hokkiespan het wel hul wedstryd teen Dr Malan verloor, maar het algeheel tweede in die NWU Puk-reeks gekom.
Die 0/14A-span het 1-1 teen Hoërskool Dr Malan geëindig. Die 0/15A-span het Hoërskool Brits met 3-0 geklop en vyfde in die reeks gekom.
Die 0/16A-span het die eindstryd verloor, maar algeheel tweede in die reeks geëindig.
Die rugbyspanne het ewe goed gevaar.
Die 0/14A-span het Hoërskool Hartebeespoort met 38-14 geklop en algeheel vierde in die reeks gekom.
Lees ook: Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan klop Florida in NWU Pukke-reeks
Die 0/15A-span het ook teen Hartebeespoort uitgedraf en die wedstryd met 19-12 gewen. Hulle het algeheel negende geëindig. Die 0/16A-span is algeheel derde nadat hulle hul wedstryd teen Hans Moore met 13-12 gewen het.
Die tweedespan het 3-0 teen Hoogenhout verloor en die eerstespan het Bastion met 48-10 geklop om derde in die reeks te eindig.
Secunda se netbalspanne het ook uitgeblink. Die 0/14A-span is die reekswenners. Hulle het hul eindstryd met 18-12 teen Hoërskool Dr Malan gewen.
Die 0/15A-span is ook die reekswenners nadat hulle Standerton met 37-10 geklop het.
Die 0/16A-span het met 14-25 teen Hoërskool Brits verloor.
Hoewel die 0/17A-span die eindstryd teen Hoërskool Linden verloor het, het hulle tweede in die reeks gekom.
Die eerste netbalspan het ook teen Linden verloor met 22-28, maar het algeheel vierde gekom.



