NG Kerk samel fluks in vir herwinningsprojek
Volgens ds. Henk Boshoff, is daar nog nie mense op die dorp geïdentifiseer nie, maar ’n bakkievrag met items is onlangs na Secunda vervoer.
Die NG Kerk se Wes-gemeente span saam om die “sweethearts Foundation” se doel om rolstoele aan diegene in nood te verskaf.
Dié nie-winsgewende organisasie ontvang plastiekbotteldoppies en broodbinders wat dan herwin word om sodoende, nadat mense geïdentifiseer is, hulle lewens te verander.
Volgens ds. Henk Boshoff, is daar nog nie mense op die dorp geïdentifiseer nie, maar ‘n bakkievrag met items is onlangs na Secunda vervoer.
Me. Elize Muller, ‘n gemeentelid, tref die nodige reëlings om bydraes na die bestemde punt in Johannesburg te kry.
Die gemeenskap word aangemoedig om plastiekbotteldoppies en broodbinders by Charl Cillierstraat 78 tussen 8vm en 1nm af te laai.



