Local newsNews

ATKV samel weer kos in vir Winterwarm-projek

Vroue maak kospakkies op en skenk dit aan behoeftige gesinne op Secunda en omgewing.

SECUNDA – Die ATKV Kosmosrand-tak se jaarlikse Winterwarm-projek het verlede week afgeskop en lede van dié tak samel nie-bederfbare kos in wat aan behoeftige kinders gegee gaan word.

Dié kos word in kospakkies verpak en aan kinders wat deur skole in die gebied geïdentifiseer is, gegee vir die winter skoolvakansie.

Nie-bederfbare kos wat mense kan skenk, is pasta, sop, rys, pakkies noedels, 2.5kg sakke mieliemeel, suiker, blikkies groente, blikkies vis of vleis, pakkies koekies, Milo en poeiermelk of ’n kossak met al die bogenoemde bestanddele.

Lees ook: Laerskool Kruinpark ondersteun ATKV se strikkeprojek

Die ATKV samel ook nagklere, pantoffels en kombersies in vir kinders in pleeghuise en boeke en geestelike tydskrifte vir die boektrollie by die onkologie-eenheid op Trichardt.

Vir meer inligting, skakel me. Tracey van Wyk by 074 103 6381.

Die tak se bankbesonderhede is: Absa Bank, ATKV Kosmosrand, spaarrekening, rekeningnommer 009 1656 56335, takkode 334644, verwysing kinderhulpfonds.

Me. Lorraine Boshoff en me. Yolandi Ferreira by die kos wat verlede jaar ingesamel is tydens die ATKV Kosmosrandtak se Winterwarm-projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button