Local newsNews

Suid Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) Sektor 1 Kosmos kies nuwe leiers

Hulle bied hulle maandelikse ontbyt op 5 Mei om 9vm by Appledew Gastehuis aan.

Die Suid Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) vir Veterane se Sektor 1 Kosmos, het op 14 April hulle Algemene Jaarvergadering by Kruik Café op Secunda gehou.

Die sektorvoorsitter, mnr. Henry Buÿs, het tydens sy jaarverslag gemeld dat die ledetal so gegroei het dat drie eenhede nou onder die sektor val.

Die nege amptelike provinsies word gebruik en die sektore word volgens distriksmunisipaliteite verdeel.

Die toegekende name aan die sektore is ook uniek aan elke provinsie soos byvoorbeeld berge in die Wes-Kaap en bome in die Vrystaat.

Sektor 1 Kosmos bestaan op die oomblik uit drie eenhede waarvan Standerskop, geleë op Standerton, reeds geruime tyd onder leiding van ’n leiersgroep bestuur word.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button