
Die sportspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag, 26 April aan die Superreeks-eindstryd by Hoërskool Brandwag op Benoni deelgeneem en as algehele naaswenners uit die stryd getree.
Die 0/16A-hokkiespan, die eerste dogtershokkiespan en die tweede rugbyspan is ook as algehele Superreeks-wenners gekroon.
Die spanne se uitslae is soos volg:
Hokkie:
Die 0/14A-span klop Hoërskool Dinamika met 3-0 en eindig derde.
Die 0/15A-span verloor 0-2 teen Hoërskool Generaal Hertzog en eindig vierde.
Die 0/16A-span wen hul wedstryd met 3-0 teen Bergsig en word aangewys as die wenners.
Die tweedespan verloor 0-2 teen Hoërskool Generaal Hertzog en eindig tweede.
Die eerste dogtersspan klop Hoërskool Generaal Hertzog met 10-1 en eindig eerste.
Die eerste seunsspan verloor 2-3 teen Hoërskool Generaal Hertzog en eindig tweede.
Lees ook: Ligbron-seunshokkiespanne vaar goed teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Oosterland tydens die liga
Netbal:
Die 0/14A-span klop Hoërskool Jan Viljoen met 10-6 en eindig negende.
Die 0/15A-span verloor 14-16 teen Hoërskool Generaal Hertzog en eindig sewende.
Die 0/16A-span verloor 12-29 teen Hoërskool Bergsig en eindig tweede.
Die tweedespan verloor 14-16 teen Hoërskool Bergsig en eindig vierde.
Die eerstespan klop Hoërskool Bergsig met 28-11 en eindig derde.
Rugby:
Die 0/14A-span wen hul wedstryd met 41-5 teen Hoërskool Bergsig en eindig derde.
Ligbron Computer Connection se 0/15A-span verloor met 12-25 teen Hoërskool Volkskool op Heidelberg en eindig tweede.
Die 0/16A-span klop Hoërskool Generaal Hertzog met 26-0 en eindig derde.
Die tweedespan klop Hoërskool Generaal Hertzog met 34-0 en stap met die eerste plek weg.
Ligbron Calstar Group se eerstespan wen hul wedstryd teen Hoërskool Generaal Hertzog met 36-20 en eindig derde.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



