Local newsNews

Ds. Wihahn de Beer wil in die jeug belê

“Die jeug is die toekoms van môre,” het hy gesê.

Ds. Wihahn de Beer het op Sondag, 6 Mei sy intreepreek in die N.G. Kerk se Moedergemeente gelewer.

Die Klipkerk was stampvol, ook met besoekers, om die nuwe leraar se boodskap aan te luister, waarna die gemeentevroue geen moeite ontsien het om die tee, koffie en verversing in die saal keurig aan te bied nie.

Die oud-Kovsie het sy praktiese jaar op Fochville gedoen en aan die Hoërskool Fochville gematrikuleer.

Hy het in sy matriekjaar sy verloofde, La-Rochelle Dippenaar, ontmoet en het ook deel aan haar ‘ontgroening’ gehad.

Hulle het egter eers by ’n Nampo-geestelike byeenkoms, waar albei jeugleiers was, aangetrokke tot mekaar begin raak.

Met ’n troudatum vasgestel vir 23 Maart volgende jaar, is reëlings vir die trourok reeds in volle swang.

Ds. Wihahn stel die belange van die jeug voorop en huldig die besliste mening dat in hulle belê moet word.

“Die jeug is die toekoms van môre,” het hy gesê.

Daarbenewens lê die verantwoordelikheid by ouers om in hulle opvoedingstaak hulle kinders aan te moedig om die geloofspad te volg.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button