Local newsNews

Nellie Louw wys Bethal VLU-lede hoe om Indiese kettingsteek te maak

Bethal VLU-tak vergader weer in Junie.

BETHAL – Me. Nellie Louw het lede van Bethal VLU-tak geleer hoe om borduurwerk te doen en die Indiese kettingsteek te gebruik tydens hul vergadering Dinsdag, 24 April.

Dié kettingsteek is tradisioneel in die Ooste en ontwerpe van diere of blomme word gewoonlik gebruik wanneer dié steek gemaak word.

Lede moes vir Mei se vergadering op 15 Mei tafellopers maak en elke lid kon hul eie ontwerp gebruik.

Lees ook: Kinross VLU-lede geniet stories oor Babelela

Me. Louw het gesê die kettingsteek is eintlik baie eenvoudig en ’n ware borduuravontuur om te maak.

Bethal VLU-tak vergader weer in Junie.

Vir meer inligting, skakel me. Ester Booysens by 083 362 0025.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button