Local newsNews
Kansa begin tuin ter nagedagtenis aan kankerlyers
Belangstellendes kan bome plant in kankertuin.
SECUNDA – Me. Natasha Philpott, van Kansa, het verlede week ’n kankertuin by dié organisasie se kantore begin.
Die idee is om kankerlyers wat die stryd verloor het, te onthou en hul families daaraan te herinner dat Kansa die moeilike pad saam met hulle wil stap.
Familielede van kankerlyers kon geel strikkies aan die boom vasmaak.
“Ons het onlangs ’n jong kankervegtertjie aan die dood afgestaan en ek het dit goedgedink om die tuin te begin,” het me. Philpott gesê.
Belangstellendes kan Kansa skakel as hulle ook bome vir hul geliefdes wil plant.
Skakel Kansa by 017 631 2857.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



