Local newsNews
Bankrekening vir Trevor Ras se mediese behandeling geopen
’n Bankrekening is geopen om te help dat mnr. Ras die nodige mediese hulp kan ontvang.
Mnr. Trevor Ras (Franco) is steeds in ’n koma na ’n ongeluk op 2 Junie net buite Standerton toe hy teen ’n bees vasgery en ’n ander voertuig in hom gebots het.
’n Bankrekening is geopen om te help dat mnr. Ras die nodige mediese hulp kan ontvang.
Enigeen wat wil bydra, kan betalings maak aan:
Capitec Bank
Rekeningnaam: C.A.O. Franco
Rekeningnommer: 1588 669 848
Takkode: 470010
Op Facebook is ‘n veldtog geloods om geld vir Trevor en verdere behandeling in te samel.
Link na : Trevor – Backabuddy
‘n Bedrag van R350 000 word beoog en R15 000 is reeds belowe.
Vir meer inligting, skakel mnr. Alberto Franco by 072 846 3132.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



