Local newsNews

Posduiwe vlieg vanaf Christiana

Eiber en Neethling spog met die duif wat die ope-afdeling gewen het

SECUNDA – Buks Snyman se posduif in die jaaroudafdeling het die vinnigste vanaf Christiana gevlieg om Saterdag, 30 Junie weer tuis te wees.

Snyman het ook ’n tweede duif wat onder die top vyf vlieërs in dié afdeling gekom het.

Dié duif het die afstand van sowat 430km afgelê om vierde te eindig. Die Viljoen-gesin se duif was tweede, gevolg deur Eiber en Neethling en dan Britz en Seun in die vyfde plek.

Eiber en Neethling spog met die duif wat die ope-afdeling gewen het en een wat in dié afdeling vierde ingekom het.

Die Viljoen-gesin se duiwe het onderskeidelik ’n tweede en derde plek in die wedvlug behaal en Britz en Seun se ope-wedvlugduif was vyfde.

Gunter Eiber en Hendrik Neethling is die wenners van die ope-wedvlug. Die span se naam is Eiber en Neethling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button