CrimeNews

Diewe vergiftig twee labradors op Secunda

Diewe steel elekriese toebehore vanuit huis.

SECUNDA – ’n Inwoner van Heinz Thomasstraat in Uitbreiding 22 se honde is Maandagoggend, 9 Julie vergiftig en al die inwoner se elektriese toebehore in sy huis is gesteel.

Hy was op ’n kursus en niemand was by die huis toe die inbrekers toegeslaan het nie.

Hy het omstreeks 3.45vm Maandagoggend ’n SMS gekry dat sy huis se alarm afgegaan het. Hy het sy vriend wat sy huis opgepas het, geskakel en gevra om te gaan kyk.

Sy vriend het sy twee Labradors dood in sy erf aangetref.

Die diewe het toegang tot die huis verkry deur die agterdeur te breek.

Die inwoner het die saak by Secunda Polisie aangemeld.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/113618/burglars-kill-family-dog-break-secunda-house-owners-asleep/

 

https://www.citizen.co.za/ridge-times/107746/warning-dog-poisoning-secunda-increases-rapidly/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button