Local newsNews

VLU-millenniumtak bederf SAVF-inwoners op Ermelo

Die tak het vir Julie-maand bykans 100 troetelpoppies gebrei wat later vanjaar uitgedeel gaan word

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Millenniumtak het Woensdag, 11 Julie inwoners van die SAVF-tehuis met koek en tee bederf.

Die tak het vanjaar hul 19de verjaarsdag gevier en besluit om die dag by die tehuis te bestee.

Me. Alna Kapp, voorsitter van die Tambuki-streek, het die vermaak verskaf met sang.

“Die oumense het die koorgedeelte al te vrolik saamgesing,” het een van die VLU-lede vertel.

Die tak het vir Julie bykans 100 troetelpoppies gebrei wat later vanjaar uitgedeel gaan word.

Hul volgende vergadering is op 8 Augustus in Ermelo Hoërskool se landbousaal.

Enige iemand wat belangstel om by die tak aan te sluit, kan me. Hannie Smith skakel by 084 345 8180.

Lede van die VLU Millenniumtak bederf inwoners van die SAVF-tehuis met koek en tee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button