Local newsNews

Secunda-pastoorsvrou geniet bediening en ma-wees

Haar droom is om beter te leer klavier speel.

Me. Chanel Jones (32) sing al vandat sy kan onthou en het op laer- en hoërskool aan al wat ’n kunswedstryd is deelgeneem.

Sy het as kind sanglesse by ’n vrou gekry wat blind en in ’n rolstoel was.

“Haar gehoor was dus baie skerp,” het me. Jones gesê.

Me Jones kan klavier speel, maar haar droom is om beter te leer speel en steeds te sing.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/118283/kruik-skenk-handsakke-en-toiletware/

Sy is vandag voltyds ’n ma vir Mieke (6) en Rowan (3), en is ’n pastoorsvrou.

Me. Jones sal die rol van ma-wees vir niks verruil nie en geniet dit om te sien hoe haar twee kinders grootword en mylpale bereik.

Sy en past. Rowland Jones, hoofleraar van die Kruik Kerk, het langer as vyf jaar gesukkel om swanger te raak met hul eerste kind en sy het Mieke as ’n wonderwerk beskryf.

Die gesin woon al bykans ses jaar op Secunda en het vanaf Benoni verhuis toe Kruik hulle beroep het.

Me. Jones het in Johannesburg grootgeword en na skool vir haar B.Com-graad in rekeningkunde studeer.

Sy het werk gekry, asook ’n studiebeurs, maar moes haar studierigting verander na menslike hulpbronne.

Sy het in 2010 haar loopbaan gelos om saam met haar man voltyds in die bediening te gaan.

As me. Jones nie die lofsang en aanbidding lei nie, is sy agter die skerms besig by die kerk en hou daarvan om grafiese ontwerp te doen.

Past. Rowland en me. Chanel Jones en hul twee kinders, Rowan en Mieke.

Sy werk soggens in die kerkkantoor en gee smiddae aandag aan die egpaar se twee kinders.

Voordat hulle na Secunda verhuis het, het past. Jones die kampusgemeente van die Endeo Kerk op Benoni begin.

Me. Jones was voltyds by selgroepe vir vroue en vrouebedienings betrokke.

Lede van haar selgroep vir vroue het onlangs aan ’n projek deelgeneem waartydens hulle handsakke en toiletware vir slagoffers van verkragting ingesamel het.

“My tema vir die jaar is om te gee. Dit is die jaar van gee in plaas van om te ontvang,” het sy gesê.

Me. Jones bied weekliks ’n selgroep vir vroue in die oggende aan en as die skole weer heropen, gaan sy dit twee weekliks in die aande ook aanbied.

Sy raak gewoonlik onderwerpe aan waarmee sy self worstel of dinge wat na aan haar hart lê tydens die selgroepe.

“Ek is meer ’n een tot een mens en verkies dit om met kleiner groepe te werk.

“Ek sal eerder 10 vroue bedien en weet hulle is bemagtig en hul lewens is aangeraak, as wat daar 100 vroue is en ’n mens bereik nie regtig een van hulle nie.”

In haar vrye tyd doen sy graag inkopies en geniet dit om Vrydagoggende ’n vaste afspraak met haar man te hê as hulle gaan ontbyt eet en in die Secunda Mall rondloop.

“Rowland is my stokperdjie,” het sy laggend gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button