Aanskou die dorp in ’n Cessna 182
Een passasier het later die wysheid van die opmerking weens turbulensie besef, hoewel die sakkies nie heeltemal ingespan moes word nie.
Mnr. Jandré Kasselman, met sy privaatvliegtuiglisensie agter die blad, het op 31 Julie die Standerton Advertiser en sers. Danie Erlank in die ZS-ECP op ’n rit oor die dorp geneem.
Nadat by die Vlakfontein Vliegklub omstreeks 11vm aangekom is, is die geel-en-wit Cessna 182 uit die loods gestoot.
Die drie passasiers het hulle plekke ingeneem, sitplekgordels vasgegespe en oorfone aangesit met mnr. Kasselman wat in die verbygaan genoem het dat daar ook plastieksakkies was vir ingeval.
Een passasier het later die wysheid van die opmerking weens turbulensie besef, hoewel die sakkies nie heeltemal ingespan moes word nie.
’n Mens moet eet voor jy vlieg is blykbaar ’n ou wysheid.
SIEN OOK: GALERY – Kasselman wys Standerton Advertiser en polisiesersant ons “klein” dorpie vanuit die lug
Mnr. Kasselman het die basiese kontroles nagegaan, die enjin kon luier wat noodsaaklik in die Standerton-klimaat is, en die 1965-model het stadig oor die aanloopbaan begin beweeg.
“Dit laat my dink aan ’n ou Volkswagen Beetle,” was sers. Erlank se kommentaar.
Die teenwoordigheid van voëls, soos tarentale, is dan nie ’n welkome gesig nie en die tuig sal tot stilstand gebring word.
Die geelbruin, gestroopte mielielande was die eerste gesig en Kosmospark, Florapark en die groter Sakhile daarna tot die Sakhile Stadion en Standerskop geïdentifiseer kon word.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



