Boere en ander rolspelers staan bont met Hoëveld-brande
“Ons vermoed dat bykans 3 000ha se weiding afgebrand het, dus R6-mil.”
Boere, asook verskeie ander rolspelers, moes op 1 Augustus bontstaan met vure wat op die Hoëveld gewoed het.
Brande is onder andere by Platrand, Val en op die Secunda-pad aangemeld.
Mnr. Louis Kotzé, bestuurder van die Lekwa Brandbeskermingsvereniging (LBBV), het gesê twee van die brande was opsetlik gestig en een het vermoedelik by ’n Eskom-paal ontstaan.
Volgens hom, is skadebepaling hangend omdat hul vir skadeverslae wag van die gebiede wat beïnvloed is.
Hy het egter gesê dat raming per hektaar gedoen word en dat hul op ’n geskatte R2 000 per/ha werk.
“Ons vermoed dat bykans 3 000ha se weiding afgebrand het, dus R6-mil.”
Verskeie drade en pale sal vervang moet word en volgens inligting, het ’n opstal by Sandspruit ook in die slag gebly.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



