Hoëveldbrande teister en rig bykans R6-miljoen skade aan
Hy het egter gesê dat raming per hektaar gedoen word en dat hul op 'n geskatte R2 000 per/ha werk.
Boere, asook verskeie ander rolspelers, moes op 1 Augustus bontstaan met vure wat op die Hoëveld gewoed het.
Brande is onder andere by Platrand, Val en op die Secunda-pad aangemeld.
Mnr. Louis Kotzé, bestuurder van die Lekwa Brandbeskermingsvereniging (LBBV), het gesê twee van die brande was opsetlik gestig en een het vermoedelik by ‘n Eskom-paal ontstaan.
Volgens hom, is skadebepaling hangend omdat hul vir skadeverslae wag van die gebiede wat beïnvloed is.
SIEN OOK: GALERY – Boere en rolspelers haas om Hoëveldvure onder beheer te bring
Hy het egter gesê dat raming per hektaar gedoen word en dat hul op ‘n geskatte R2 000 per/ha werk.
“Ons vermoed dat bykans 3 000ha se weiding afgebrand het, dus R6-mil.”
Verskeie drade en pale sal vervang moet word en volgens inligting, het ‘n opstal by Sandspruit ook in die slag gebly.
Tot dusver is geen beserings of veeverliese aangemeld nie.
Sterk winde het ook die brandbestryding bemoeilik.
“Voorbrande kon hierdie vuur nie keer nie, maar waar daar voorbrande was, het dit duidelik gehelp,” het mnr. Kotzé ook gesê.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.



