Local newsNews

Secunda Pastoor, Werner Joubert uitgestem uit Survivor SA

Deelnemer kan steeds ’n motor wen as publiek vir hom stem.

Past. Werner Joubert is gisteraand (9 Augustus) uitgestem in die MNET realiteitsreeks, Survivor SA.

Hy was een van die top 4 en is gisteraand deur die oorblywende drie spelers, Tom, Jeanne en Annalize uitgestem en is nou een van die jurielede op Survivor SA.

Past. Joubert het gesê dit was vir hom hartseer om twee dae voor die einde van die reeks uitgestem te word.

“Ek is nie kwaad nie, ek was ’n bedreiging vir die ander deelnemers,” het past. Joubert gesê.

“Ek het die mense in die reeks geniet en ek het dit geniet om saam met hulle te speel.”

Die moeilikste deel vir past. Joubert was die morele dilemma waarin hy homself bevind het in die reeks.

“Ek het mense seergemaak en moes om verskoning vra,” het hy gesê.

Sy vrou, me. Juné Joubert het tydens ‘n onlangse episode vir hom gaan kuier toe die vervaardigers dit goed gedink het om al die deelnemers se geliefdes soontoe te bring.

Past. Joubert was oorstelp van vreugde toe hy sy vrou gesien het.

Hy staan steeds die kans om ’n motor te wen.

Inwoners kan vir hom stem deur die webwerf, Survivor SA Philippines te besoek.

Hy het op sosiale media almal wat hom ondersteun het, bedank en gesê Survivor is ’n werklike spel met werklike mense.

Past. Werner Joubert se vrou, Juné, het vir hom gaan kuier op die stel van Survivor SA in die Fillipynse Eilande. Dit is tydens ‘n onlangse episode uitgesaai.
Past. Werner Joubert in aksie in die realiteitsreeks, Survivor SA.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button