Local newsNews

Bethal DBV sukkel om te oorleef

Bethal DBV is in die knyp

BETHAL – Die treurmares van DBV’s landwyd oor hul finansiële sake, het verlede Maandag ook na Bethal DBV uitgekring tydens die algemene jaarvergadering.

Mnr. André du Plessies, tesourier, het in sy verslag gesê dat die DBV ’n verlies van bykans ’n honderdduisend rand die afgelope jaar gely het.

Dit is veral veeartsenykoste wat die verlies opgejaag het omdat Bethal DBV nie oor ’n gekwalifiseerde inspekteur beskik nie.

Die DBV ontvang ook glad nie meer ’n subsidie van die Govan Mbeki Munisipaliteit nie wat ook ’n invloed het op die instansie se finansies.

Dit was ook duidelik uit die voorsitter en tesourier se verslae dat die komitee nie op hul louere gerus het nie en elke moontlike poging die afgelope jaar aangewend het om geld in te samel.

Volgens mnr. Du Plessis sal hulle vanjaar hul bes doen om die gemeenskap te oortuig om as lede amptelik aan te sluit en bydraes maandeliks deur middel van debietorders aan die DBV te maak.

“Ons is in ’n groot krisis en sal bydraes van die publiek moet kry om te kan oorleef,” het hy gesê.

Een van die projekte wat beplan word indien hul finansies verbeter, is onder andere om die nodige herstelwerk aan die hokke te doen en daarvoor het hulle mense of ondernemings nodig om hokke te borg,

Hul grootste geldinsamelingsprojek is op 4 November wanneer hulle hul jaarlikse geborgde gholfdag hou. Belangstellendes moet nou reeds seker maak om daardie datum oop te hou.

Buiten die gholfdag, verkoop die DBV ook gereeld pannekoeke, vetkoek en maalvleis, asook plante, rommel en boeke.

’n Nuwe komitee is tydens die vergadering verkies.

Me. Edith Slabber is die nuwe voorsitter, terwyl me. Barbara Mitton as ondervoorsitter herkies is.

Die tesourier is mnr. André du Plessis en me. Ricka Hills die sekretaris.

Die res van die komitee bestaan uit me. Retha Pieterse, me. Marie van der Merwe, mnr. Dolores de Jager en me. Marietjie Fourie.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/events/event/dbv-gholfdag-bethal-gholfklub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button