Local newsNews

Rotariërs bied gesellige bingo-aand aan

Die aand is goed ondersteun met groot pryse op die spel en volgens die gaste het hulle elke oomblik geniet

Die Ermelo Rotariërklub het Vrydagaand ’n Bingo-aand in hul klubhuis op die Ermelo-skouterrein aangebied.

Groot pryse was op die spel en volgens die gaste het hulle elke oomblik geniet.

’n Bingo-aand word kwartaalliks deur die klub aangebied, waarna die geld aangewend word om rolstoele te koop.

Die klub het die volgende borge bedank: Performance Marketing, Ashton en Lukas van der Merwe van LAS Carwash, Hussain van Excellent Salon, Kameel van Camels Madness, Lizelle Cronje van Haven, Romans Pizza, Ermelo Suzuki, Tri-Sec Autohouse, Longtom Nissan, Blue Bottel Liquors en Qalisa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button