Local newsNews

Samson haal hoogste prys by Hurwitz se Boranveiling

Die duurste bul, Samson, is vir R360 000 aan Eloff Muller van Mosselbaai verkoop

Hurwitz Farming het Saterdag, hul jaarlikse Boran-produksieveiling in samewerking met Vleissentraal Ermelo by die Bullring Auction House aangebied.

Die duurste bul, Samson, is vir R360 000 aan mnr. Eloff Muller van Mosselbaai verkoop, terwyl Rolex vir R310 000 aan mnr. Conrad Hollanbach van Middelburg verkoop is.

Me. Liz Reilly van Swaziland het R120 000 vir Falcon in Lot 15 betaal en me. Susan Scheepers van Laersdrif R100 000 vir Cyrus in Lot 44. Mnr. Dean Snowball van Meyerton is die nuwe eienaar van die duurste dragtige koei wat vir R38 000 verkoop is.

Die duurste vers is vir R100 000 aan mnr. Conrad Hollenbach van Middelburg verkoop.

Mnr. Damian Roberts van Zambië is die nuwe eienaar van die duurste koei met ‘n kalf wat vir R110 000 verkoop is.

Ermelo Vleisstentraal het al die kopers en ondersteuners wat die dag bygewoon het, bedank. Die volgende bulveiling vind Woensdag, 10 Oktober plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button