Local newsNews

Vroue lewer getuienis by Vrouedag-viering

Sowat 330 vroue het opgedaag om die verrigtinge, wat vanaf 9vm tot 2nm geduur het, by te woon.

Hoërskool Standerton het gasheer op Donderdag, 9 Augustus, vir ’n Vrouedag-herdenking gespeel waar unieke getuienis aangehoor is.

Me. Amanda le Roux het saam met die Standerton4Jesus-leraarsforum die geleentheid gereël waar sewe vroue hulle belewenisse aan die gehoor oorgedra het.

Sowat 330 vroue het opgedaag om die verrigtinge, wat vanaf 9vm tot 2nm geduur het, by te woon.

Televisie-opnames is ook van dié dag gemaak.

Volgens me. Le Roux het ’n komitee, bestaande uit ’n paar gemeentes op Standerton, die interkerklike byeenkoms georganiseer.

“Dit was uniek en ’n sukses,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button