Local newsNews

SAVF-tehuis op Ermelo het gemeenskap se hulp nodig met herstelwerk

Van die herstelwerk wat nodig is by die ouetehuis is plafonne wat vol gate is wat koue lug in die bejaarde mense se kamers inlaat

Na inwoners van Ermelo onlangs die SAVF-tehuis besoek het, het hulle besluit om ’n geldinsamelingsprojek te begin om die broodnodige herstelwerk wat die tehuis benodig, te laat doen.

Die plafonne het gate in wat koue lug in die bejaarde mense se kamers inlaat.

“Die koue is glad nie goed vir die oumense nie, so dit is ’n groot prioriteit om dit te herstel.”

Daar is baie waterskade aan van die plafonne wat oral in die tehuis te sien is en van die plafonne trek weg van mekaar af.

Ander herstelwerk wat nodig is voor die reënseisoen begin, is om die geute en sinkdak te herstel.

Om die SAVF-tehuis te laat verf, is ook op die lys.

Ondernemings word uitgedaag om R5 000 vir die projek by te dra.

“Daar is reeds ondernemings wat inbetalings gedoen het en daar is reeds met die herstelwerk begin.”

Hulle doen ’n beroep op elkeen in die gemeenskap om tot die projek by te dra, om sodoende saam as Ermelo na die oumense van die dorp om te sien.

’n Trustrekening is by PWG Prokureurs geopen wat die geld vir die projek behartig.

Die rekening se besonderhede is:

Eerste Nasionale Bank Ermelo,

Rekeningnommer 521 80048 278,

Takkode 270344,

Verwysing: J526 Ouetehuis.

Inwoners van Ermelo word gevra om tot die herstelprojek wat onlangs vir die SAVF-ouetehuis geloods is, by te dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button