Local newsNews

Vragmotor en kar bots op R23 na Balfour

Provinsiale ambulansdienste het drie mense, met geringe beserings, na die Standerton Hospitaal vervoer.

Die roete van Standerton na Balfour het die aand van 14 Augustus vir ’n ongeluk gesorg toe ’n vragmotorbestuurder van agter in ’n Toyota Corolla vasgery het.

Jelani Security se mnr. Alf Byleveldt was naby Val en het op die toneel opgedaag.

Mnr. Byleveldt het gesê dat provinsiale ambulansdienste drie mense, met geringe beserings, na die Standerton Hospitaal vervoer het.

Val Polisie was op die toneel.

Die Standerton Advertiser het op 16 Augustus probeer om met die polisie in verbinding te tree om navraag oor ’n ongeluksverslag te doen, maar die telefoon is nie geantwoord nie.

Die oorsaak van die botsing is onbekend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button