Laerskool Kalie de Haas skenk broodnodige bloed
Altesaam 38 skenkers het gehelp om tot en met 114 lewens te red.
Laerskool Kalie de Haas het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste op 27 Augustus aangeneem vir ‘n dag en ’n beroep op onderwysers, familie, vriende en ouers gedoen om die dag te ondersteun.
Bloed is by die skool geskenk om sodoende pasiënte te help wat bloed of bloedprodukte daagliks benodig.
Altesaam 38 skenkers het gehelp om tot en met 114 lewens te red.
Teksa Bloeddiens benodig daagliks 80 tot 100 eenhede bloed.
Mense wat bloed ontvang sluit in kankerpasiënte, kindergeboorte – en ginekologiese pasiënte, traumagevalle en mense wat heupvervangings- of rugoperasies ondergaan.
Die bloedienste het die skool vir die gasvryheid en bereidwilligheid om die gemeenskap by te staan, bedank.



