Johan Pretorius (Perg) voer stryd teen kanker
Stygende lewenskoste en agterstallige mediese onkoste het egter ’n tol op die hele Pretorius-familie begin eis.
Johan Pretorius of Perg, soos hy bekendstaan, voer ’n dapper stryd teen kanker.
Perg (30) is reeds in gr.10 met dié gevreesde siekte gediagnoseer en die daaropvolgende chemobehandeling het hom genoodsaak om die skool te verlaat.
Hy was daarna vir ’n tydperk in remissie en het sy skoolloopbaan voltooi en die ambag van dieselwerktuigkundige begin studeer, voordat hy as plaasbestuurder hom in die boederybedryf suksesvol kon uitleef.
Vanaf 2016 is sy lewe gekenmerk deur hospitaalopnames en hy het sy werk nadat hy medies ongeskik verklaar is, verloor.
Sy broer Bronwen, het op 5 Oktober bevestig dat hy nie meer in ’n koma in die hoësorgeenheid in die Sunninghill Hospitaal in Johannesburg is nie, maar deurlopend versorg word.
Bronwen het hom beskryf as ’n ongelooflike sterk man met ’n gees wat goed is.
Die maandelikse mediese rekeninge beloop meer as R6 000.
Die familie, sowel as vriende, het almal op hul onderskeie maniere moue opgerol om die situasie baas te raak, maar is nou genoodsaak om diegene wat hul weg oop sien, om hulp te nader.
Die besonderhede is:
Bank: Absa, Standerton
Naam: JA Pretorius
Rekeningnommer: 408 342 4049
Takkode: 632 005
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



