Local newsNews
Suikerbekkies: Vroue leer hoe om worshondjies en bye te maak vanuit koekies en soetgoed
Suikerbekkies vergader weer volgende jaar
SECUNDA – Die Suikerbekkies het Woensdag, 10 Oktober byeengekom en me. Venessa Erasmus het vir lede gewys hoe om verskeie figure wat bye, pandabere, worshondjies, vragmotortjies en treintjies insluit, vir kinderpartytjies te maak.
Sy het ook verduidelik watter koekies of lekkergoed hulle vir die figure kan gebruik, asook die gebruik van eetbare ink om gesiggies op die pandabere te teken.

Dit was die Suikerbekkies se laaste vergadering vanjaar en hul jaarlikse afsluiting vind in November plaas.
Die volgende vergadering sal eers volgende jaar gehou word.
Vir meer inligting, skakel me. Erasmus by 082 824 0775.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



