Blouaap in Bethal nog nie weer gewaar nie
Me. Coetzer het die publiek gevra om ’n boodskap te stuur na 072 573 3122 as hulle die blouaap sien.
BETHAL – Die blouaap wat Dinsdag, 20 November in Simon- en Malherbestraat op Bethal gesien is, is nog nie weer gewaar nie.
Me. Laurna Coetzer van Bethal DBV het ‘n vanghok uitgesit, maar dit is nou weer weggeneem.
“Ons sal die hok weer uitsit as dit nodig is,” het me. Coetzer gesê.
Sy het inwoners gemaan om die DBV te skakel as hulle die blouaap sien en om hom nie te voer of naby hom te kom nie.
Sy het ook reeds met die Departement van Natuurbewaring gepraat wat gesê het as me. Coetzer hom gevang het, sal hulle hom na ’n veilige plek neem.
Skakel die DBV by 072 573 3122 as jy die blouaap sien.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/128617/bethal-inwoner-gewaar-blouaap/



