Local newsNews

Kapt. Alberts van Secunda K9-eenheid geniet sy honde-kollegas

Ouer polisiehond tree af en bly nou tuis

SECUNDA – Kapt. Heintjie Alberts van die K9-eenheid op Secunda, se 12-jarige hond, Ida, wat ‘n gekwalifiseerde plofstofhond is, het afgetree en bly nou by hom aan huis.

Hy werk nog met sy ander hond, Brutus, wat waarskynlik vroeg volgende jaar gaan aftree. Die nuutste toevoeging tot sy familie is Tyson (vyf jaar oud) .

Beide Brutus en Tyson is honde wat opgelei is om op brandtonele met die ondersoeke te help.

Hulle kan onderskei tussen verskillende soorte vloeistowwe wat gebruik word om brande mee te stig en hul kan selfs aan die polisie uitwys waar op die toneel dié vloeistowwe gebruik is.

Kapt. Alberts het op Fochville grootgeword en is na skool direk polisie-kollege toe vir ses maande.

Hy het in 1995 by die K9-eenheid begin werk nadat hy eers in die misdaadvoorkoming-afdeling van die polisie gewerk het vir ’n paar jaar.

Kapt. Alberts het van kleins af ’n liefde vir diere en het drie ringnekpappegaaie en een African Grey as troeteldiere by die huis.

Sy vrou, Lt.-Kol. Jennie Alberts is die stasiebevelvoerder van Evander Polisiestasie en die egpaar het twee kinders wat 14 en 17 jaar oud is.

Kapt. Alberts werk lang ure en kry nie baie tyd vir stokperdjies nie, maar as hy af is, kyk hy graag sport, veral rugby, op televisie.

Hy het in die 23 jaar wat hy by die K9-eenheid is, al verskeie honde opgelei en saam met hulle gewerk en Kapt. Alberts het gesê dit is vir hulle erg as die honde vrek.

“Dit neem baie tyd en aandag om die honde op te lei om in die polisie te werk,” het hy gesê.

“Jy kyk ook na die honde se persoonlikheid en kyk watter hond gaan die beste wees vir watter tipe polisiewerk.”

Soms wil die polisie hê die honde moet net gaan lê by die items wat hulle gekry het, en soms wil hul hê die hond moet op ’n meer aktiewe manier uitwys wat hy gevind het en hul pote en mond gebruik om aan te dui.

Die honde word beloon met ’n bal wat vir hulle gegooi word as hul iets reg gedoen het en volgens Kapt. Alberts gaan dit baie oor herhaling.

Kapt. Alberts het al pryse gewen met Brutus en is verlede jaar aangewys as die beste span in brandondersoeke in Suid-Afrika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button