Ondersteun Standerton Junxion Bloeddiens se Geboei om te Bloei Promosie
“Hospitaalpasiënte veg steeds teen kanker, herstel van motorongelukke en sterk aan na lewensreddende operasies.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) daag inwoners uit om op 8 Desember bloed by die Standerton Bloeddiens, tydens hulle spesiale ‘Geboei om te Bloei’-promosie te skenk.
Standerton Bloeddiens sal vanaf 8vm tot 2nm oop wees, en wil graag kyk of hul 50 eenhede bloed kan insamel.
Lede van die publiek gaan gevangene geneem word, en sal eers as hulle 10 skenkers gekry het, vrygelaat word.
- Die volgende lede/instansies gaan betrokke wees:
- Kasselman Veiligheidsdienste
- Andile Mncube
- Deon de Villiers
- Charl van Wyk
- Pitso Rathaba
- Tholakele Sibeko
Indien enige iemand/instansie betrokke wil raak, kan hulle SANBS (Standerton tak) by 017 714 2829 skakel.
SANBS het gesê dat dit dikwels moeilik is om bloedvoorraad op die vereiste vlak te hou.
“Die behoefte aan bloed oorskry dikwels die skenkings omdat gereelde bloedskenkers dié daad afstel soos wat hulle besiger raak met planne en aktiwiteite.
“Hospitaalpasiënte veg steeds teen kanker, herstel van motorongelukke en sterk aan na lewensreddende operasies.
“Iemand daar buite wag altyd op daardie bloedproduk om hul lewe te red.”
Om bloed te skenk, moet jy tussen die ouderdom van 16 en 65 wees, meer as 50kg weeg en ’n veilige en gesonde leefstyl lei.
Drink asseblief baie vloeistof en eet ’n gebalanseerde maaltyd voor skenking.



