Local newsNews

Swembadeienaars moet altyd nette opsit

“Die kanse dat ons baba volkome sou herstel het, was groter omdat ons vinnig met hierdie belangrike noodhulp begin het.”

SECUNDA – Dit is God se genade dat sy seuntjie gesond is.

Só meen ‘n pa wie se 15 maande-oue kleinding bykans in die swembad by hul huis in Secunda verdrink het op Dinsdag, 27 November. Die man wil anoniem bly.

Hoewel die swembad goed omhein is, het die egpaar se jongste spruit tog ongemerk by die swembad ingekom en toe ingeval.

Sy twee ouer boeties het opgemerk dat die baba nie in die omtrek is nie en het dadelik gaan soek.

Die oudste seun (12) het die kleinding uit die swembad gehaal deur in te duik.

Hul pa het sy enkel erg beseer toe hy op hul hulpkreet gereageer en oor die swembadmuur gespring het.

Volgens die pa was die nooddienste blitsig op die toneel.

Mnr. André Momberg van ER24 het gekeer dat die kind in ‘n voertuig gelaai word en het die persoon beveel om die kind op sy ruggie neer te lê.

Eers toe was hy in staat om die baba te behandel.

ER24 het die kleinding en sy ouers na die Mediclinic Hoëveld gehaas, waar die baba ondersoek en later ontslaan is.

Die pa het ná hierdie voorval ‘n paar belangrike punte aan die koerant gestuur om met ander swembadeienaars te deel.

“Ouers moet weet hoe om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas.

“Die kanse dat ons baba volkome sou herstel het, was groter omdat ons vinnig met hierdie belangrike noodhulp begin het.”

Bure het op ‘n noodkanaal op Zello om hulp geroep.

“ER24 ambulans en paramedic het dadelik gereageer en gehelp.”

Die pa het gesê hoewel hy nog nie ‘n intekenaar van ‘n noodkanaal op Zello is nie, beveel hy dit aan en wil hy nou aansluit.

“Ondersteuningsgroepe en vriende het versoeke per WhatsApp ontvang om vir die kind te bid. Dit is God se genade dat ons seuntjie gesond is,” het die pa gesê.

Hy beveel aan dat ouer kinders bewusgemaak en geleer word van noodhulp.

“Leer hulle wat om in noodgevalle te doen, om die persoon dadelik uit die water te haal en om hulp te roep.”

Die man raai ook swembadeienaars aan om altyd swembadnette op die swembad te sit, al beteken dit dat jy dit gereeld moet afhaal en terugplaas.

“Leer alle kinders hoekom swembadhekkies nodig is en hoekom dit altyd toegehou moet word.”

Hy het ook gesê swembadeienaars moet spesifiek bedag daarop wees wanneer familie and ander gaste in die feesgety kom kuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button