Local newsNews

OPVOLG – Mnr. Gert Scheepers van Standerton is opgespoor

Mnr. Scheepers het voor sy vertrek gepraat van ’n plaas op Morgenzon, maar die familie kon hom nie opspoor nie.

OPVOLG: 12 Desember – 9.25vm

Mnr. Gert Scheepers is op 11 Desember omstreeks 9.15nm op die Vrede-pad by die bruggie opgespoor.

Hy is ongedeerd en die motor het sonder brandstof gaan staan.

Die gemeenskap het ’n soekgeselskap van stapel gestuur na sy verdwyning bekendgemaak is.

Me. Mariet Scheepers het almal bedank wat gehelp het met sy veilige terugkeer.


11 Desember – 2.40nm

Die 78-jarige mnr. Gert Scheepers, wat aan Alzheimer ly,  word sedert vroegoggend vermis.

Hy ry ’n Volkswagen Golf met registrasienommer CZG 675 MP en is geklee in kakieklere.

Mnr. Scheepers het voor sy vertrek gepraat van ’n plaas op Morgenzon, maar die familie kon hom nie opspoor nie.

Enigeen met inligting kan me. Mariet Scheepers by 078 021 9904 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button