SAVF en Goldi hou Kerspartytjie vir kinders
“Ons is bevoorreg om ’n geleentheid te hê om ’n verskil in kinders se lewens te maak, veral dié tyd van die jaar,” het me. Yolanda Uys, persoonlike assistent van die hoofbedryfsbeampte by Goldi, mee afgesluit.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het op 4 Desember ’n Kerspartytjie vir jong kinders by die Hervormde Kerk gehou.
Early Bird Goldi het die geleentheid geborg en speelgoed, skryfbehoeftes, klere, higiëniese produkte en kos bygedra.
Hulle het aan 23 kindertjies ’n Kersgeskenk gegee.
Die verrigtinge het met ’n boodkap oor die belangrikheid van Kersfees begin voordat die aankoms van Kersvader sommiges onverhoeds betrap het.
“Baie dankie aan Goldi vir hulle heelhartige ondersteuning,” het me. Wini Ross, senior maatskaplike werker van die SAVF, gesê.
Die kleinspan kon nie wag om huiswaarts te keer om die geskenke oop te maak nie nadat die ‘Goldi Hoender’ ook sy opwagting gemaak het nie.