
Net ‘n week nadat die boer van Bethal, mnr. Daan Malan, op die gru-vonds van 16 van sy melkbeeste wat afgemaai is afgekom het, het ‘n boer van Davel ‘n skokontdekking op ‘n plaas naby GaNala/Kriel gemaak.
Hy het op agt beeste of eerder oorblyfsels van beeste, op sy plaas afgekom.
Die beeste behoort aan sy buurman en is na sy plaas aangejaag waar hulle, net soos in mnr. Malan se geval, afgeslag is terwyl hulle nog geleef het.
Hulle het twee beeste netso gelos en die een het nog geleef maar moes vankant word weens sy beserings.
Mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder van AfriForum, het die toneel besoek en gesê hy vermoed dit is die werk van ‘n ander groep veediewe as diè wat mnr. Malan se beeste afgemaai het omdat hul modus operandi verskil.
Die veediestal-eenheid was ook by die plaas en ondersoek tans die saak.




