Gaan sorgvuldig om met medikasie sê Standerton apteker
• Hou alle medikasie soos slaappille, pynpille en antibiotika op ’n veilige plek, veral met die oog op kinders.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Vaalrivier-tak het onlangs van die kundigheid van ’n plaaslike apteker, mnr. Philip Scheepers, gebruikgemaak om gesondheidsraad in te win.
Volgens mnr. Scheepers, is die publiek redelik ingelig oor die gebruik van medikasie en ’n minimum gevalle word aangemeld waar ’n pasiënt per ongeluk ’n verkeerde dosis gebruik het.
Hy het die volgende aanbeveel:
• Vermy inaseming wanneer spuitkannetjies gebruik word.
• Moet onder geen omstandighede medikasie gebruik van iemand wat dit nie meer nodig het nie. Neem dit na jou apteker.
• Hou alle medikasie soos slaappille, pynpille en antibiotika op ’n veilige plek, veral met die oog op kinders.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



