Local newsNews

EduProfile besoek JJ-personeel

Die onderwysers se Genetiese Brein Profiele is getoets. Die doel hiervan is om te fokus op verhoudinge met kollegas, kinders en ouers.

Me. Leonora Jacobs en dr. Annette Lotter van Eduprofile het Maandag, 7 Januarie ’n personeelontwikkelingsessie by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.

Die onderwysers se genetiese breinprofiele is tydens die sessie getoets.

Die doel hiervan is om te fokus op verhoudings met kollegas, kinders en ouers.

Die sessie was insiggewend en onderwysers het die kans gekry om hulself beter te leer ken. Die werking van die brein asook funksionering onder stres is in diepte bespreek.

“Ons is dankbaar teenoor mnr. Marius Nel, hoof van Laerskool JJ van der Merwe, wat ’n positiewe gesindheid het teenoor EduProfile,” het die personeel van EduProfile gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button