Local newsNews

Maryna ryg pryse in by Secunda VLU-tak se prystuitdeling

Vroue is welkom by volgende VLU-vergadering

SECUNDA – Die plaaslike VLU-tak het Woensdag, 9 Januarie die jaar afgeskop met hul eerste vergadering en die beste lede van die tak is beloon vir hul harde werk.

Die vroue wat die beste in die takkompetisies in 2018 gevaar het, het pryse ontvang.

Me. Maryna Hartman het pryse ontvang vir eerste plekke in die algehele afdeling asook die konferensie/kongres-, naaldwerk- en handvlytafdelings.

Sy het ‘n tweede plek in die eie keuse-afdeling behaal en ‘n derde plek in die gebakte/gebottelde-afdeling.

Me. Elaine Koch het ‘n eerste plek in die eie keuse-afdeling behaal en tweede plekke in die algehele afdeling, die naaldwerk en kongres/konferensie-afdelings.

Me. Launa Jansen van Vuuren het ‘n tweede plek in die handvlyt-afdeling behaal en derde plekke in die naaldwerk-, gebak/gebotteld- en die kongres/konferensie-afdelings. Sy het ook ‘n vierde plek in die algehele afdeling behaal.

Me. Mariana Bowker het ‘n tweede plek in die gebakte/gebottelde-afdeling behaal en ‘n derde plek in die handvlyt-afdeling.

Me. Teresa de Wet het eerste in die gebakte/gebottelde-afdeling geƫindig en me. Estelle Boshoff het derde plekke in die eie keuse- en algehele afdelings behaal en vierde plekke in die naaldwerk-, handvlyt-, kongres/konferensie- en gebakte/gebottelde-afdelings.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering vind op Woensdag, 6 Februarie by Die Ark by die N.G. Kerk se Secunda-Oosgemeente plaas.

Vir meer inligting, skakel me. Elaine Koch by 082 462 5422.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button