Local newsNews

Ermelo Nashua rolbalbesigheidsliga beloof groot opwinding

Vanjaar se borg is Nashua Ermelo en die Ermelo Rolbalklub het hulle bedank vir die borgskap.

Ermelo Rolbalklub se jaarlikse besigheidsliga begin Dinsdag, 19 Februarie om 5.30nm.

Vanjaar se borg is Nashua Ermelo en die Ermelo Rolbalklub het hulle bedank vir die borgskap.

Die ligawedstryde sal soos oudergewoonte op Dinsdae en Donderdae gespeel word.

Koste beloop R800 per span en inskrywings moet voor Maandag, 18 Februarie betaal word.

Daar sal ’n beginnersgroep en ’n meer ervare groep wees.

’n Inligtingsvergadering sal Maandag, 18 Februarie om 6nm gehou word, wat deur alle voormalige spanne bywoon moet word. Die vergaderings sal by die rolbalklub gehou word.

Vir meer inligting skakel Fritz Olmesdahl by 081 406 8946 of Gerda Swanepoel by 082 805 2255.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button