ER24-paramedikus is verveeld by die huis, sien uit om weer mense te help
Terapeut en sielkundige moet paramedikus nog sien
BETHAL – Mnr. Christiaan du Toit (23), ER24-paramedikus wat op 22 September ernstig beseer is by ‘n ongelukstoneel, is gereed om weer te begin werk.
Terwyl nooddienste aandag aan die beseerdes gegee het, het ‘n motoris deur die ongelukstoneel gejaag en veroorsaak dat een van die nooddiensvoertuie mnr. Du Toit getref het.
Hy het sy sleutelbeen gebreek, twee rugwerwels gekraak, ses ribbes gebreek en bloeding op die brein gehad.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/127575/death-toll-rises-adullam-turn-off-evander-road/
Mnr. Du Toit kan niks van die ongeluk onthou nie en het gedink hy het huis toe gegaan om te slaap toe hy in die hospitaal wakker geword het.
Hy sal hopelik weer in Februarie kan begin werk.
Hy moes ‘n maand in die hospitaal deurbring, en was nog ‘n maand in die rehabilitasie-sentrum om te herstel.
Mnr. Du Toit het die tyd wat hy op verpligte verlof geplaas is, behoorlik gebruik en in Natal en die Kaap te gaan vakansie hou, maar hy het gesê hy raak verveeld by die huis en is nou gereed om weer te begin werk.
“Die terapeut en sielkundige moet my nou net toets en bevestig of ek gereed is om terug te gaan werk toe, dan gaan ek terug,” het hy gesê. “Ek sien baie daarna uit om weer te begin werk.”
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/126310/christiaan-is-on-the-mend/



