Local newsNews

Kinross VLU-tak nooi belangstellendes

Volgende vergadering is op Valentynsdag

SECUNDA – Lede van die Kinross VLU-tak het Woensdag, 16 Januarie hul eerste vergadering van die jaar gehou en ‘n nuwe komitee gekies.

Die komitee bestaan uit me. Hannie van Niekerk (voorsitter en kompetisie-sameroeper), me. Erith Hall (sekretaresse), me. Thea Potgieter (ondervoorsitter en tesourier), me. Fiona Viljoen (skakelbeampte) en me. Magda van Niekerk (addisionele lid).

Me. Viljoen het as gasvrou opgetree en het lede meer van die joernalis, Ruda Landman, wat die VLU se Vrou van die Jaar is, vertel.

Die Kinross VLU-tak vergader weer Donderdag, 14 Februarie en belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.

Skakel me. Hannie van Niekerk by 072 834 1554.

Die nuwe komitee van Kinross VLU-tak is (voor) me. Hannie van Niekerk en me. Thea Potgieter. Agter is me. Erith Hall, me. Fiona Viljoen en me. Magda van Niekerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button