Local newsNews
Boomplant en skoonmaak beplan by begraafplaas
Die ‘Ouma kom huis toe’-projek verwys na die gedenksteen wat van die Vaalrivier na die kerkhof geskuif is.
’n Skoonmaakaksie en boomplantdag by Standerton se konsentrasiekampbegraafplaas word vir Saterdag 16 Februarie beplan.
’n Span van Amersfoort sal reeds vanaf 7vm altesaam 100 gate grou.
Die ‘Ouma kom huis toe’-projek verwys na die gedenksteen wat van die Vaalrivier na die kerkhof geskuif is.
Bome sal geplant word ter ere aan die 38 000 wat in kampe gesterf het.
’n Braai word vir middagete beoog en koeldrank en rolletjies benodig om ook vir besoekers iets aan te bied.
Die organiseerders het belangstellendes bersoek om ’n rantsnyer, grassnyer, graaf en hark saam te bring om te help.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



