Local newsNews

ATKV se Kosmosrand-tak en Kansa se Relay for life op Secunda baat by skenkings

“Ons het dit daarom goed gedink om die oorblywende geld in ons koffers vir die ATKV se Kosmosrandtak en Kansa se Relay for Life-oorwinnaarsfunksie te skenk,” het me. Estelle Swart gesê.

SECUNDA – Die ATKV-gesinstak op Secunda het die geld wat nog in hul rekening oor was, aan ‘n ander tak en aan Kansa geskenk op Donderdag, 31 Januarie.

Die oorhandigings is by die Kruik Café gedoen.

Mnr. Koos en me. Estelle Swart wat aan die stuur van die ATKV-gesinstak was, het verduidelik dat dié tak ontbind het omdat die lede almal reeds afgetree en pensioentrekkers is.

“Ons het daarom dit goed gedink om die oorblywende geld in ons koffers vir die ATKV se Kosmosrandtak en Kansa se Relay for Life-oorwinnaarsfunksie te skenk,” het me. Swart, wat ook ‘n kanker-oorlewende is, gesê.

Skoolsokkies ter waarde van R2 000 is aan me. Tracey van Wyk, voorsitter Die ATKV-Kosmosrandtak oorhandig ten bate van dié tak se projek “Trippe Trappe Trone, sokkies vir my tone.”

Die projek is daarop toegespits om behoeftige leerders van skoolsokkies te voorsien.

“Ons wil graag sien dat elke behoeftige kind in ons omgewing ten minste twee pare skoolsokkies (wit of grys) sal besit,” het me. Van Wyk verduidelik.

Die Gesinstak het verlede jaar ook die Relay for Life se funksie vir kanker-oorlewendes geborg.

Die geld wat oorgebly het, is sowat R10 000 en dit is aan me. Gertie Hoffman oorhandig.

Me. Hoffman reël vanjaar dié spesiale funksie wat op 2 Maart deel sal vorm van Kansa se jaarlikse Relay for Life.

Dit vind vanjaar van 11vm tot 11nm op die sportveld van Oranjegloed Primary School plaas.

Dié gebeurtenis lê die Swart-egpaar na aan die hart, want me. Swart is self ‘n kanker-vegter en was ook vir 32 jaar ‘n Kansa-vrywilliger.

Me. Estelle en mnr. Koos Swart oorhandig R2000 se skoolsokkies aan me. Tracey van Wyk (voorsitter van die ATKV se Kosmosrandtak).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button