Local newsNews

Bethal GPF rol moue op toe bloed opraak

Die bloeddiens het danksy die GPF se bydrae, ’n rekord-getal van 35 eenhede bloed oor twee dae ingesamel.

BETHAL – Die Bethalse Gemeenskappolisiëringsforum (GPF) het verlede week gehoor gegee aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se pleidooi vir bloed.

SANBD het verlede week ‘n bloedtekort gehad en die Bethal se GPF het dadelik ingespring om te help.

Klipfontein Slaghuis het ‘n biltonggeskenkpak geskenk en ‘n gemeenskapslid ‘n oulike spaarvarkie.

Die bloeddiens het danksy die GPF se bydrae, ‘n rekordgetal van 35 eenhede bloed oor twee dae ingesamel.

“Dié gebaar het baie gehelp om die bloedtekort te bekamp,” het me. Dot Prinsloo, plaaslike woordvoerder van SANBD, gesê.

“Ons kon dit nie sonder die hulp van die GPF en die gemeenskap van Bethal gedoen het nie.”

Mnr. Frans van Leeuwen het die gelukkige trekking gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button