Local newsNews

Boervrou druk haar stempel op Hollywood af

Almal het haar daar leer ken as “the farmer’s wife” en sy het skouers geskuur met Hollywood se Mel Gibson, Jessica Simpson, Brooke Shields, Michael Douglas, Charlie Sheen, Al Pacino en selfs Dr Phil.

Terug van ’n besoek aan Amerika se Los Angeles, het me. Suretha Kruidenier ’n boodskap om aan die Standerton-gemeenskap oor te dra.

“Die lewe kan ’n fees wees ongeag jou omstandighede.

“Geld moet nie jou lewe beheer nie want dan kry hebsug en vrees die oorhand.”

Dié boervrou van Goedgevonden se kennismaking met Kalifornië spruit uit die bywoning van Robert T Kiyosaki se konferensie in Johannesburg verlede jaar.

Haar bywoning van ’n dinee die aand en gesprek met hom, het haar onder die indruk gebring dat sukses nie noodwendig aan ’n bankbalans en grade gekoppel kan word nie.

Suretha en Albert se kinders Anneret, Elizma en Johanita, gewone siele, aldus haar, is almal uit die huis.

Dit skep die geleentheid om haar nou toe te spits op motiveringspraatjies en ook om haar uit te leef as geleentheidskoördineerder, waarvan sy beduidende ondervinding het.

Sy kan ’n korporatiewe geleentheid vir tot 6 000 mense reël, organiseer en koördineer, alles met behulp van moderne tegnologie vanuit die plaashuis om byvoorbeeld in Duitsland sukses te bereik.

Sowel Albert as Suretha se familie-agtergrond is sterk Christelik-gebaseerd met ouers wat hulle aangespoor het om hulle drome te verwesenlik.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button