James Harris neem beste foto
Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is in Maart en belangstellendes is welkom
SECUNDA – Mnr. James Harris was die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto, ‘Boomslang’.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Februarie was vlak diepte van veld.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het Vrydagaand, 8 Februarie hul maandelikse byeenkoms en klubkompetisie by die Sasol Ontspanningsklub gehad.
Die beste fotograaf onder die senior fotograwe was dr. Leon Pelser met sy foto, ‘Shembe Gathering’, en die beste fotograaf onder die junior fotograwe, was mnr. Danie Smit met sy foto ‘Alhambra Arena’.
Mnr. Smit het sertifikate van meriete vir twee van sy ander foto’s, ‘Feliz Navidad Seville’ en ‘Judas Kiss and the Magic 33 Square’ ontvang.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Gerrit Myburgh met sy foto ‘Fish Message’, mnr. Jan Ferreira met ‘Blou Reier’, mnr. Jeff Mostert met sy foto, ‘Olifant’, mnr. Johan Viljoen met ‘Krrrrrr’, me. Lorraine Botha met haar foto, ‘Rice Fields’, mnr. Peter Winnan met ‘Reed Cormorant’, me. Sussa Pelser met haar foto’s, ‘Talking on Pavement’ en ‘Comfort Zone’ en me. Yolandi Geyser met haar foto’s, ‘Max’ en ‘Pure Love’.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is Vrydagaand, 9 Maart om 6.30nm by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.



