Local newsNews

Solidariteit vat Sasol hof toe

Solidariteit versoek dat Sasol alle werknemers, ongeag hul ras, insluit by die skema of dat dié werkers wat uitgesluit word, soortgelyke voordele kan geniet.

Die vakbond, Solidariteit, het die groenlig van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), gekry om Sasol hof toe te vat.

Dit kom nadat Solidariteit aangedui het dat hulle die uitsluiting van wit werknemers in Sasol se nuutste personeelskema, Khanyisa, verder wil neem en in die arbeidshof wil beveg.

Mnr. Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het gesê die vakbond gaan die arbeidshof vra om te bevind dat Sasol se personeelaandeelskema ’n bepaalde groep op grond van hul ras uitsluit. Dit kom neer op onbillike rassediskriminasie.

Solidariteit versoek dat Sasol alle werknemers, ongeag hul ras, insluit by die skema of dat dié werkers wat uitgesluit word, soortgelyke voordele kan geniet.

“Hierdie geveg kan en sal ons nie ophou veg nie,” het mnr. Van der Bijl gesê.

“Ons kan nie so vaskyk teen die verlede dat ons die toekoms van gelyke geleenthede vir almal versaak nie.”

Solidariteit se regspan sal einde Februarie gereed wees om arbeidshof toe te gaan.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/123565/solidatitystrike-employees-sasol-community-strike-charlie-1-secunda-videos/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button