Bekendes en legendes maak opwagting by Laerskool Goedehoop se manne-aand in Secunda
Die aand se kop- en stertspeletjie het R50 000 ge-in wat in die vorm van ’n tjek oorhandig aan mnr. Kobus Steynvaart, pa van die 14-jarige Shamoné wat nou verlam is ná ’n sementblok uit ’n oorgangsbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op haar en verskeie skoolmaats geval het
SECUNDA – Laerskool Goedehoop se jaarlikse manne-aand het die naweek nie net geld in die skool se koffers besorg nie, maar ook bygedra tot die fonds van ‘n leerder wat in die onlangse treurspel by Hoërskool Driehoek verlam is.
Dié geselligheid is Vrydag, 15 Februarie, by die Curro-skool gehou.
Die aand se kop- en stertspeletjie het R50 000 ge-in wat in die vorm van ‘n tjek oorhandig is aan mnr. Kobus Steynvaart, pa van die 14-jarige Shamoné wat nou verlam is ná ‘n sementblok uit ‘n oorgangsbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op haar, en verskeie skoolmaats geval het.
Die Steynvaarts se enigste kind is nou aan ‘n rolstoel gekluister. Buiten astronomiese mediese uitgawes, moet hul huis ook so ingerig word om rolstoelvriendelik te wees.
‘n Paar items wat later die aand deel was van ‘n veiling, het nog geld vir Shamoné se fonds ingebring.
https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/319152862276431/
Die totale bedrag wat die aand vir haar ingesamel is, beloop R75 000.
Andries Vermeulen, bekende storie-verteller, sanger en grapjas, het die aand ook sy lyf afslaer gehou.
Goedere wat die aand ook op veiling was en groot geld ingewin het, het ingesluit ‘n kruiwa vol verskillende drinkgoed, skaars wyne, whiskey, rugby-aandenkings soos ‘n geraamde stuk wat die tokse bevat van drie legendariese Sprinbokke waarmee hulle hul 100ste toetse vir Suid-Afrika gespeel het, en vele meer.
Die som wat ingesamel is, is nog nie bekend nie, maar die skool hoop dit het die vorige jaar se R1,2-miljoen oorskry.
Die gaste het geskaterlag vir Vermeulen se sêgoed en vir ene Pottie wat bekend is vir sy stemme-namaak van bekendes, soos Nataniël en rugby-kommentator Hugh Bladen.
Bakkies Botha het sy nuwe wors-produkte bekendgestel en die rugbyhelde Gert Smal, Pieter Hendriks, Chester Williams en Werner Swanepoel het ook elk ‘n kans gekry om met Vermeulen en Pottie te gesels voor Steve Hofmeyr sy opwagting op die verhoog gemaak het.
https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/2283783108559697/
Vir meer fotos lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/132962/bekendes-en-legendes-verskyn-op-verhoog-laerskool-goedehoop-se-manne-aand/



